GESANG 008 1. LOOF, HEEL DIE SKEPPING, LOOF DIE HEER, VERHEF U STEM OM HOM TE EER ! KOM EN PRYS HOM ! HALLELUJA ! DIE AARDE OP SY VASTE BAAN, DIE WOLKE EN DIE SILWER MAAN, KOM EN LOOF HOM, KOM EN PRYS HOM ! HALLELUJA ! (x3) 2. HY IS ONS GOD WAT ALLES DRA EN NIEMAND OOIT OM BYSTAND VRA. KOM EN PRYS HOM ! HALLELUJA ! SY KRAG IN DROEFHEID, KRAG IN LEED, SAL NIEMAND OOIT NA WAARDE MEET. KOM EN LOOF HOM, KOM EN PRYS HOM ! HALLELUJA ! (x3) 3. LAAT ALLES VOOR DIE SKEPPER BUIG EN HOM OOTMOEDIG DANK BETUIG. KOM EN PRYS HOM ! HALLELUJA ! LOOF, LOOF DIE VADER, SEUN EN GEES, DRIE-ENIG' GOD, MET HEIL'GE VREES. KOM EN LOOF HOM, KOM EN PRYS HOM ! HALLELUJA ! (x3)